Vrou sterf na bakleiery by sokkerwedstyd

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Vrou is dood nadat sy die naweek tydens ‘n geveg by ‘n sokkerwedstryd met ‘n glasbottel gegooi is.

Die bottel het haar slagaar in haar nek gesny.

LEES OOK: Man in hof nadat hy glo meisie onthoof

Gabriella Anelli (23) se broer het die nuus op Instagram bekendgemaak.

Volgens Sky News was Anelli na die voorval in die hospitaal opgeneem, maar het aan haar beserings beswyk.

Sy was glo ‘n kranige skokkerondersteuner en het Saterdag die wedstryd tussen Palmeiras en Flamengo gaan kyk.

Die persoon wat die bottel gegooi het, is kort na die voorval in hegtenis geneem. Hy het glo skuld beken.