Lees ook: ‘SAPD het nie internasionale lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming nie’
’n Man (42) het homself aan die polisie oorgegee vir die moord op sy vrou by die Moteti Extension Slovo, Dennilton.
Die vrou se liggaam is op 3 Julie deur die gemeenskap langs die pad ontdek. Haar man is die laaste persoon wat Sondag saam met haar gesien is. Dit word beweer die twee was by ’n taverne en daarna op pad huis toe in ’n argument betrokke. Die man het gevlug en sy vrou in ’n plas bloed agtergelaat.
Hy het in KwaMhlanga in Mpumalanga weggekruip voor hy homself na dae aan die polisie oorgegee het.
Die rede vir die moord is onbekend en die polisie ondersoek nog die saak.
Die verdagte sal binnekort in die Dennilton-landdroshof op die aanklagte van moord verskyn.
Bronne: SAPS
Lees ook: ‘SAPD het nie internasionale lasbrief vir Poetin se inhegtenisneming nie’



