Drie plaasaanvallers vandag gevonnis vir aanval in 2020

Deel hierdie storie / Share this story

Drie plaasaanvallers word vandag en môre in die Hooggeregshof in Pretoria gevonnis.

Volgens AfriForum vind die vonnisoplegging plaas nadat die verdagtes in Desember 2020 vir Dries en Mariaan Nieuwoudt op hul kleinhoewe buite Pretoria aangeval het.

Dries het ná die aanval in die hospitaal gesterf.