Busbestuurder aan diens doodgeskiet

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Busbestuurder van die Mayibuye-busmaatskappy is Sondag doodgeskiet.

Die Oos-Kaapse departement van vervoer het bevestig dat ‘n bestuurder doodgeskiet is terwyl hy in Keiskammahoek aan diens was.

Die bestuurder was besig om pendelaars van die dorp af huis toe te vervoer toe die verdagte na bewering die bus binnegegaan het terwyl dit by ‘n bushalte was.

Die departement se woordvoerder, Unathi Binqose, sê die verdagte het na bewering reguit na die bestuurder gegaan en verskeie skote in sy buik afgevuur voordat hy die bus verlaat het.