Mia Kuhn val glo na haar dood

Deel hierdie storie / Share this story

Volgens ‘n verklaring wat deur die familie van Mia Kuhn uitgereik is, dui ‘n voorlopige ondersoek daarop dat die leerling waarskynlik na haar dood geval het.

Mia Kuhn was ‘n gr. 10-leerling aan die Hoërskool Garsfontein. Volgens ‘n verklaring het sy waarskynlik na haar dood geval terwyl sy ‘n toring uitgeklim het waarop die spreiligte van die rugbyveld gemonteer is.

Die familie van Kuhn wil graag die gerugte dat vuilspel by haar dood kon betrokke wees tot ‘n einde bring.

Haar liggaam is Dinsdagoggend op die skool se rugbyveld gevind.