‘n Manlike motoris is Maandag in die vroeë oggendure kritiek beseer ná ‘n ernstige hoëspoedongeluk op die N1 naby Garsfonteinweg in Pretoria.
Emer-G-Med-paramedici was op die toneel. Hulle het hard gewerk om hom te stabiliseer voordat hy na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is vir verdere behandeling.



