Riaan Benadé (31), die sanger van Spontaan, Gooi Nog ‘n Whiskey en Rowwe Bliks*m, wat geen bekendstelling nodig het nie, het ‘n plasing op sy Facebook-blad gemaak om te bevestig dat hy beroerte gehad het.
Die sanger is sedert Donderdagmiddag in Kloof-hospitaal.
Hy sê dat hy wel nie ‘n konsert kon doen nie en ook nie op sy dogtertjie se eerste verjaarsdag vir haar kon sing nie, maar dankbaar is vir God se goedheid en guns.
Benadé het ook gesê dat hy die publiek op hoogte sal hou, aangesien daar nog nie ‘n rede vir die beroerte vasgestel is nie en hy ook nie simptome van die aanval oorgehou het nie.
Lees sy volledige plasing hier:
So dis tyd dat julle weet. Ek is van Donderdagmiddag af in Kloof Hospitaal nadat my Pa en Melissa my ongevalle toe gejaag het. Op die vars ouderdom van 31 het ek ‘n beroerte gekry.
Ons het nogsteeds nie ‘n rede vir dit nie maar al wat ek weet is dat my Pa in die hemel laat wonderwerke nogsteeds gebeur. Ek is geseënd en so dankbaar om te sê dat die simptome alles al donderdagmiddag verdwyn het en dat ek tot dusver nog gladnie neweeffekte ervaar het nie. Ek kan nie wag om hierdie storie te deel nie. Dis een wat getuig van God se goedheid en guns.
Ek kon my dogtertjie sien op haar eerste verjaardag al was dit vinnig, maar dis werklik al waroor my hart seer is aangaande my laaste 4 dae. Ek sou baie gee om vir haar in haar kot “veels geluk” vir die eerste keer te kon sing, Vrydagoggend.
Ek hou julle op hoogte soos die dokters met my praat en ek hoop ek sien julle gou weer by een van my optredes.
Jammer @oppi_kus dat ek julle so moes drop! Ek het baie uitgesien vir daai show. Sien julle hopelik volgende jaar!
@dricusduplessis, ou, jy’t mooi baklei vanoggend! Baie Geluk en dankie, Jy is ‘n inspirasie!
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



