Twee persone is Vrydagaand 7 Julie 2023 om ongeveer 23:20 kritiek beseer in ‘n motorbotsing in Witkoppenweg, in die Northriding-area in Johannesburg.
Emer-G-Med se paramedici het met aankoms gevind dat ‘n ligte motorvoertuig gerol het. Twee mans is uit die voertuig geslinger.
Beide die mans was in ‘n kritieke toestand en gevorderde lewensondersteunende paramedici het hulle gestabiliseer voordat hulle met ambulanse vir verdere mediese behandeling na nabygeleë hospitale vervoer is.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



