Nontokoza Mokae (27) was na bewering op 1 Julie 2023 in Keiskamma-Hoek in die Oos-Kaap eers ‘n slagoffer van bendeverkragting, waarna sy brutaal vermoor is.
Women For Change sê dat Mokae glo deur twee mans, onderskeidelik 20 en 21 jaar oud, aangeval is, nadat sy deur vriende tuis besorg is.
Gede van die gemeenskap het haar buite haar huis gevind en met haar na ‘n hospitaal gehaas waar sy aan haar beserings dood is.
Mokae het volgens WFC verlede maand aan die Universiteit van Fort Hare in die Oos-Kaap gegradueer en was as ‘n onderwyseres in diens.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



