Sewe verdagtes vas oor beweerde inbrake, diefstal op plaas

Deel hierdie storie / Share this story

Die SAPD op Modimolle het deur intelligensie-gedrewe operasies sewe manlike verdagtes van tussen 23 en 61 jaar in hegtenis geneem vir inbrake en diefstal wat Donderdag 6 Julie plaasgevind het.

Die polisie het inligting ontvang van ‘n persoon wat glo die twee voorvalle van inbrake by woonpersele en diefstal van motorvoertuie by ‘n plaas op Modimolle gesien het.

Lede van Modimolle se misdaadintelligensie- en speureenheid het die inligting wat hulle ontvang het, gevolg. Dit het hulle na ‘n area gelei waar vier verdagtes, onderskeidelik 23, 28, 38 en 39 jaar oud, in hegtenis geneem is nadat hulle glo in besit gevind is van die goedere wat van ‘n plaas as gesteel aangemeld is.

Die sewe gearresteerde verdagtes sal na verwagting Maandag 10 Julie 2023 in die Modimolle-landdroshof verskyn op aanklagte van die besit van vermoedelik gesteelde goedere, huisbraak en diefstal van motorvoertuie.