Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
’n Polisiebeampte (47) het gister in die Bela-Bela landdroshof op aanklagtes van diefstal verskyn.
AO Matshidiso Virginia Sealetsa is op borg van R3 000 vrygelaat na sy Woensdagbeweerde diefstal in hegtenis geneem is.
Sealatsa het glo tussen 30 September 2022 en 24 Februarie 2023 geld wat sy moes kry vir borg, verkeersboetes en skulderkenningsboetes vir haarself gehou. So het sy na bewering omtrent R29 000 gesteel.
Die saak is tot 1 Augustus uitgestel.
Bronne: SAPS



