Polisie soek twee verdagtes na verkragting

Deel hierdie storie / Share this story

Die Kuruman-polisie se GKS-eenheid vra hulp om twee persone op te spoor wat na bewering by ‘n verkragting op 17 Junie 2023 omstreeks 19:05 in Bechuanastraat, Kuruman, betrokke was.

Lt.kol. Sergio Kock sê die twee verdagtes is moontlik in hul 40’s.

Na bewering het ‘n vrou (38) buite haar huis gesit toe sy oorval en met geweld in haar huis ingedwing is waar sy om die beurt verkrag is.

Die twee verdagtes met kort swart hare en baarde, het albei Engels gepraat, is donker van gelaat, 1,8 m lank en slank gebou.

Die slagoffer kon ‘n identikit van een van die verdagtes saamstel.

Enigiemand met inligting van die saak en verdagtes kan met speur-AO Babeile by 082 492 3920 in verbinding tree.

Alternatiewelik kan anonieme wenke na 32211 sms word of daar kan van die MySAPS toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.