‘Beplande huisroof’ op Virginia gefnuik

Deel hierdie storie / Share this story

Polisielede op Virginia het met inligting wat hulle ontvang het op 5 Julie 2023 omstreeks 19:00 ‘n “beplande huisroof” in Gawie Theronstraat, Harmony, Virginia, Vrystaat, gefnuik.

Kapt. Stephen Thakeng sê lede en mynsekuriteit het in ‘n gesamentlike operasie die verdagtes by die teikenhuis voorgelê.

Na bewering het vedagtes in twee voertuie verby die huis gery en op polisielede losgebrand toe hulle die lede gewaar. Polisielede het teruggeskiet en ‘n verdagte in die been gewond.

Die verdagte is agtervolg en die hulp van ‘n hommeltuig is gebruik om uiteindelik die verdagte (40), van Noordwes, met ‘n 9mm-handwapen in sy besit, waarvan die reeksnommer afgevyl is, in hegtenis te neem.

Die verdagte word deur klagtes van poging tot moord en die besit van ‘n ongelisensieerde vuurwapen en ammunisie in die gesig gestaar.

Ander verdagtes is steeds soek.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.