Vermiste vrou se liggaam uit see gehaal

Deel hierdie storie / Share this story

Die liggaam van ‘n vrou wat by Umdloti Beach KZN vermis was, is Donderdagoggend deur lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) gehaal.


’n Visserman het Rusa omstreeks 04:14 gekontak nadat hy ’n naakte liggaam opgemerk het wat in die branders dryf.

Vissermanne kon egter nie daarin slaag om die liggaam uit te haal nie weens die feit dat dit hoogwater was.

Reaksiebeamptes is onmiddellik na die strand gestuur en het die liggaam uit die branders gehaal. Die oorledene het snywonde aan haar kop opgedoen.


Omstandighede rondom die voorval word deur die Suid-Afrikaanse Polisiediens (SAPD) ondersoek.