Verdagte in hegtenis vir moord op Wentworth-tiener

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Wentworth-polisie het ’n verdagte in hegtenis geneem vir die moord op die tiener van Wentworth, Durban, wat op pad na winterklasse toe was toe hy doodgeskiet is.

Dondre Addison (18) is in hegtenis geneem vir die moord op Leyton Fynn (17). Fynn was op pad skool toe vir klasse op 27 Junie toe hy glo deur Addison doodgeskiet is.

Addison is op 1 Julie in hegtenis geneem en van moord aangekla. Hy het op 3 Julie in die Durban-landdroshof verskyn. Die saak vir sy borgaansoek is tot môre uitgestel.

Bronne: SAPS

Lees ook: Polisie ondersoek dood van beweerde rower