Reeds 17 dood weens Boksburg-gaslek

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Gautengse premier, Panyaza Lesufi, het vandag bevestig die dodetal weens die Boksburg-gaslek het tot 17 gestyg.

‘n Gassilinder met stikstofoksied het vermoedelik gisteraand in die Angelo- informele nedersetting gelek.

Altesaam 17 mense is oorlede en nog 16 is gehospitaliseer. Die premier het gesê die jongste slagoffer was een jaar oud. Die res van die oorledenes is glo onwettige myners wat in die gebied gewerk het en die stikstofoksied gebruik het om goud te myn.

Bronne: EWN, ECR, The Citizen

Lees ook: Polisie ondersoek dood van beweerde rower