‘n Vrou wat Dinsdag in Tafelbaai gered is, is oorlede.
Die ma van Seepunt is Woensdag in die vroeë oggendure in ‘n hospitaal oorlede. Haar familie was by haar.
Laureen Rubin Leps se sussie, Bianca Rubin Shifrin, het in ‘n plasing op sosiale media gesê haar sussie het in ‘n fratsongeluk verdrink.
“Ons almal is in skok en platgeslaan. Sy sal verskriklik gemis word en haar helder liggie sal vir altyd in ons herinneringe van haar bly skyn. Woorde kan nie die ondraaglike pyn beskryf nie
Huldeblyke vir Leps stroom in op sosiale media.
Haar begrafnis vind Vrydag om 15:30 plaas.



