Man se liggaam aan boom opgehang gevind

Deel hierdie storie / Share this story

Lede van Reaction Unit South Africa (Rusa) was vanoggend op die toneel van ‘n selfdood in Mount Moreland KZN.

Rusa het ’n oproep om bystand ontvang nadat ’n inwoner ’n man ontdek het wat aan ’n tou aan ’n boom hang. Die oorledene se identiteit is bevestig. Volgens inwoners in die omgewing het die man saam met sy meisie in Waterloo gewoon, maar het vroeër vandag na die area teruggekeer.

Omstandighede wat tot sy selfdood gelei het, is nie vasgestel nie.

Indien jy of iemand wat jy ken hulp nodig het, skakel die Suicide Crisis Helpline by 0800 567 567.