Die burgemeester van ‘n klein dorpie in Mexiko en sy reptiel-“vrou” het die knoop deurgehak in ‘n tradisionele seremone om “geluk aan mense te bring”.
Daily Mail berig Victor Hugo Sosa, burgemeester van San Pedro Huamelula, het ‘n voorvaderlike tradisie uitgevoer toe hy met Alicia Adriana, getrou het. Hy noem haar die “prinses-meisie”.
Hy het tydens die seremonie gesê hy “is lief vir haar”.
Trouseremonies tussen mans en kaaimanwyfies vind reeds vir 230 jaar op hierdie dorp plaas om die dag te herdenk toe twee inheemse groepe met ‘n huwelik vrede gemaak het.



