Verdagte vir verskeie misdade onder meer ‘moord’ van seun (10) in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Bebeda Mmabangisenli Godfrey (55) is Saterdag 1 Julie 2023 in hegtenis geneem vir beweerde misdade wat ongeveer 20:00 op 31 Januarie 2022 gepleeg is.

Kol. Malesela Ledwaba sê Godfrey is in sy wegkruipplek in Cullinan, Gauteng vasgetrek na die beweerde misdade wat hy op die betrokke datum by sy meisie se huis in die Murunwa-woonbuurt in Vhulaudzi-polisiëringsarea gepleeg het.

Die operasie om die verdagte op te spoor, is deur Intelligensie gedryf en in Pretoria deur die Trio-taakspan van die Vhembe-distrik, Pretoria Moot-speurders en nasionale ondersoekeenheid uitgevoer.

Hy het Maandag 3 Julie vir klagtes van beweerde moord, poging tot moord, brandstigting en diefstal in Dzanani-landdroshof verskyn.

Na bewering het hy die aand van die beweerde misdade ‘n argument by sy meisie se huis gehad, waartydens hy die een slaapkamer in die huis aan die brand gesteek het. Sy meisie se dogter (17) en seun (10) was by haar. Die vrou en dogter is tydens die misdaad kritiek beseer, maar kon daarin slaag om uit die woning te kom.

Morgan Siobo Ndamulelo (10) is in die hospitaal aan sy beserings oorlede.

Die verdagte bly in aanhouding nadat die saak vir verdere ondersoek tot 25 Augustus 2023 uitgestel is.

Die inhegtenisneming is deur die provinsiale kommissaris geprys.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.