Verdagte beskuldig van moord op ses sekswerkers in hof

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die verdagte (21) wat beskuldig word van die moord op ses sekswerkers het vanoggend in die Johannesburgse landdroshof verskyn. Volgens EWN is ‘n addisionele aanklagte van verkragting teen die verdagte aangebring.

Sifiso Mkhwanazi is in Oktober 2022 in hegtenis geneem na ses vrouens se ontbindende liggame in sy pa se werkswinkel gevind is.

Die saak is tot volgende maand uitgestel.

Bronne: EWN, HeadTopics

Lees ook: Man doodgeskiet tydens sakeroof in Durban-Noord