Man doodgeskiet tydens sakeroof in Durban-Noord

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

‘n Man is gister tydens ‘n sakeroof in die Briardene-gebied in Durban-Noord doodgeskiet.

Die man (44) is doodgeskiet toe gewapende verdagtes by die sakeperseel ingegaan en die slagoffers met wapens gedreig het om geld aan hulle te oorhandig.

Die KwaZulu-Natalse polisiewoordvoerder, konst. Thenjiswa Ngcoco, het gesê die verdagtes het verskeie kere op  die slagoffer geskiet terwyl hulle gevlug het. Sy het ook gesê die polisie ondersoek ‘n saak van moord en sakeroof.

Bronne: IOL, The Citizen, ECR

Lees ook: Kevin Spacey beskryf as ‘glibberige’ man wat vermy moet word