Ryloper glo deur munisipale voertuig doodgery – ooggetuies gesoek

Deel hierdie storie / Share this story

Julia Madam (26) is op 21 Mei 2023 op die R57 naby Parys in die Vrystaat dood, nadat sy glo deur ‘n munisipale voertuig getref en gesterf het.

Kapt. Loraine Earle sê Madam het na bewering geryloop toe sy deur ‘n swart BMW wat glo aan die Ngwathe-munisipaliteit behoort, getref is.

Sy is deur nooddienste op die toneel dood verklaar. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek en daar word versoek dat alle moontlike ooggetuies se verklarings verkry moet word.

Indien enigiemand inligting aangaande die voorval het, word hulle versoek om met kapt. Jake’s Mojaki by 082 553 7639 kontak te maak.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.