‘n Pa (55) is in hegtenis nadat hy glo sy seun Saterdag 1 Julie 2023 omstreeks 16:00 in Blesbokstraat, Kareehof op Boshof in die Vrystaat geskiet het.
Kapt. Stephen Thakeng sê die Boshof-polisie is na ‘n skietvoorval ontbied.
Met aankoms is ‘n man gevind wat op die grond lê. Die pa van die man wat op die grond gelê het, het glo aan polisiebeamptes gesê dat hy sy seun na ‘n argument geskiet het.
‘n Ambulans is ontbied, wat die seun wat in sy been gewond is, vir mediese behandeling na ‘n hospitaal geneem het.
Die verdagte pa van die slagoffer is in hegtenis geneem en beslag is op sy gelisensieerde 9mm-pistool en ammunisie, gelê.
Hy sal na verwagting vandag vir ‘n klag van poging tot moord in die Boshof-landdroshof verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



