Help kwesbare persoon opspoor

Deel hierdie storie / Share this story

Izak Steyn (54) is op 13 Junie 2023 omstreeks die middag laas gesien by ‘n PicknPay se ingang by Irene-mall, in die Lyttelton-area, Gauteng.

Hy het blou oë en kort hare wat grys begin verkleur, is 1,75 m lank, weeg 90 kg en word as kwesbaar bestempel omdat hy sonder sy kroniese medikasie is. Die betrokke dag was hy in ‘n blou deminbroek, blou hemp, en swart drafskoene sonder veters, geklee.

Steyn het ‘n goudkleurige Nissan X-Trail met registrasienommer BD 33 GD GP waarin hy vir ‘n geruime tyd gewoon het.

Indien enigiemand weet waar hy hom bevind, kan daar met die volgende persone in verbinding getree word:

Lyttelton-SAPD – de Gouveia – 012 644 8632 of Stop Misdaad by 08600 10111

Pink Ladies-organisasie – 072 214 7439 of 083 378 4882

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.