Oud-Springbok Derick Hougaard is dankbaar om weer by die huis te wees.
Sy sangeresmeisie, Nádine, sê hy is swak, maer en moeg, maar “die champ wat kon skop soos min, sal weer sterker word”.
Nádine bedank almal vir hulle gebede en liefde. “Hy is op ‘n suurstofmasjien vir meeste ure van elke dag, en neem baie medikasie vir die volgende weke en maande. Fisioterapie vir die longe is noodsaaklik en elke dag is n klein treetjie nader aan die Derick wat hy vroeër was.”
Nádine noem verder Hougaard sukkel om te loop en praat is baie moeilik, maar hy is helder.
“Soms wens mens dinge kon weer wees soos dit was. Maar uit elke swaarkry kom daar nuwe lesse, nuwe treë, nuwe hoop…”



