Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan
Die onrus in Parys duur steeds voort na ’n polisieman verlede week ’n tiener doodgeskiet het.
Net 157 mense is gister in hegtenis geneem teenoor die vorige twee nagte. Drie polisiebeamptes is beseer terwyl 350 geboue en 300 voertuie beskadig is in verskeie dorpe in Frankryk.
’n Brandweerman (24) is dood terwyl hy besig was om brandende voertuie te probeer blus in ’n ondergrondse parkeerarea. Dit is onbekend presies hoe hy oorlede is en of die voertuie tydens die onrus aan die brand gesteek is. ’n Ondersoek is onderweg.
Die huis van ’n burgemeester in ’n Paryse woongebied is met ’n brandende voertuig aangeval met die doel om sy huis aan die brand te steek. Die burgemeester se vrou en kinders, 5 en 7, was by die huis. Die vrou is ernstig beseer. ’n Saak van moord word ondersoek.
Die familie van die tiener wat deur die polisieman doodgeskiet is, het gevra dat die onrus beëindig moet word.
Bronne: Gulf News, Sky News, GB News



