Kleinseun in hegtenis na 70-jarige ouma se grudood

Deel hierdie storie / Share this story

Die 70-jarige Momokete Lucy Moea het ‘n grudood gesterf toe haar kleinseun haar glo vermoor en haar liggaam in ‘n staaltrommel geplaas het.

Women for Change berig die bejaarde Moea is op 23 Junie deur haar kleindogter as vermis aangemeld.

Haar kleindogter het volgens Women for Change die polisie na Moea se huis, wat sy met haar kleinseun gedeel het, geneem.

Die polisie het die kleinseun ondervra, waarna hy hulle na ‘n staaltrommel verwys het. Sy ouma se liggaam is daarin gevind.

Sy is doodgesteek.

Haar 30-jarige kleinseun, Joe Gqabi, is in hegtenis geneem.