Op 25 Junie is twee van die Sol Plaatje-munisipaliteit se beamptes in ‘n ongeluk oorlede.
Thoko Riet, woordvoerder vir die munisipaliteit, sê die ongeluk het Dinsdagoggend omstreeks 06:00 plaasgevind.
Die beamptes, wat in die speaker se kantoor gewerk het, was na Johannesburg op pad.
“Ons sal owerhede kans gee om met die ondersoek voort te gaan om vas te stel wat presies die ongeluk veroorsaak het,” sê Riet.



