Motorfietsryer, twee ander ernstig beseer in botsing

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Manlike motorfietsryer het ernstige beserings opgedoen en twee mans wat in ‘n Mercedes-Benz gery het, is ook beseer in ‘n botsing in Henwood-laan in uMhlanga.

Volgens Emer-G-Med was paramedici op die ongelukstoneel wat Donderdagmiddag plaasgevind het.

Die Mercedes-Benz het eers met die motorfiets gebots en daarna in ‘n palmboom.

Die beseerdes is op die toneel behandel en gestabiliseer voor hulle na nabygeleë hospitale geneem is vir verdere behandeling.