Kevin Spacey in hof oor klagtes van seksuele aanranding

Deel hierdie storie / Share this story

Ontvang FiND iT se nuusbriewe – teken hier aan

Die Amerikaanse akteur, Kevin Spacey, sal vandag in die Southwark-hof in Londen verskyn op aanklagtes van seksuele aanranding van vier mans.

Kevin Spacey staan tereg op 12 aanklagtes, insluitend seksuele aanranding, onsedelike aanranding en die aanklagte dat hy veroorsaak het dat ’n persoon deelneem aan seksuele aktiwiteite sonder toestemming.

Spacey het onskuldig gepleit op alle aanklagtes.

Die misdrywe het glo tussen 2001 en 2013 plaasgevind in die tyd wat hy in die VK gewoon het.

Spacey is verlede jaar onskuldig bevind in ’n siviele hof op aanklagtes dat hy onvanpaste seksuele opmerkings teenoor die akteur Anthony Rapp gemaak het toe hy 14 jaar oud was.

Bronne: DW – South Africa, eNCA, The Guardian

Lees ook: Duitse hof moet besluit hoe om Markus Jooste in Duitsland te kry