Verkragter van minderjarige kry 20 jaar tronkstraf

Deel hierdie storie / Share this story

Steward Winston Marais (36) is 20 jaar tronkstraf, vir die verkragting van ‘n 12-jaar oue meisie in 2022 en ontsnapping uit wettige aanhouding, in Boshoff, Vrystaat, gevonnis.

Kapt. Stephen Thakeng sê op 2 Julie 2022 omstreeks 11:00 het drie meisies tussen die ouderdomme van 10 en 12 hout in die veld gaan optel.

Marais het hulle genader en die slagoffer, wat toe 11 was, gegryp, na ‘n afgesonderde area in die bos gedwing en haar verkrag.

Die ander twee meisies kon huis toe hardloop en die insident is aan die polisie gerapporteer.

‘n Soektog is geloods waarna die beskuldigde in sy huis gevind en in hegtenis geneem is.

Hy het op 25 Julie 2022 in die landdroshof verskyn. Hy het daar uit wettige aanhouding ontsnap, maar is dieselfde dag weer in hegtenis geneem.

Buiten die verkragting is ontsnapping as klagte teen hom bygevoeg.

Marais het op 19 Junie 2023 in die Bloemfontein-streekshof verskyn waar hy tot twintig jaar tronkstraf op die klagtes gevonnis is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.