Colin Bosch (51) is sedert Saterdag 24 Junie 2023 omstreeks 05:00 te Jackaroo Park in eMalahleni (Witbank) Mpumalanga, vermis.
Hy was in ‘n grys hoodie en swart sweetpakbroek met swart seilskoene geklee.
Hy het bruingroen oë, swart hare wat reeds grys begin raak en is 1,9 m lank en weeg 85 kg.
Uitkenbare merke: tatoe – tier op skouer.
Mediese besonderhede – harttoestand.
Enigiemand met besonderhede van waar Bosch hom moontlik kan bevind, kan met die volgende persone in verbinding tree:
Witbank-SAPD by 013 655 5000 of Stop Misdaad by 08600 10111
Pink Ladies Organisasie by 072 214 7436 if 083 378 4882
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



