‘n Kind het doodgebrand nadat ‘n huis in Ezakheni, KwaZulu-Natal Sondagoggend aan die brand geraak het.
IPSS Medical Rescue is na die toneel van ‘n brandende huis ontbied.
Ladysmith-brandweer het die brand geblus, maar ‘n jong kind wat nie aan die vlamme kon ontsnap nie is deur paramedici op die toneel dood verklaar.
Die oorsaak van die brand word ondersoek.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



