Melinda Viljoen het pas bekendgemaak sy en haar man Francois Viljoen verwag ‘n baba. Die aktrise wat in Binnelanders bekend is vir haar rol as Tracy Smit het haar swangerskap op Instagram aangekondig.
“#babyviljoenloading” is haar byskrif met ‘n paar foto’s waarop sy, ‘n sonarfoto en hul hond verskyn.
binnelanderstv het hulle onder die aankondiging geluk gewens.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



