Saak van huisroof ondersoek na familie op plaas vasgebind en beroof is

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Slagoffer en sy familie is Donderdag 22 Junie 2023 omstreeks 21:00 op die plaas Corona op die R312 rigting Paarl (Durbanville-pad), Klapmuts, Wes-Kaap, aangeval.

Sers. Wesley Twigg sê volgens wat rapporteer is, het vier onbekende verdagtes die perseel binnegegaan, die slagoffer en sy familie vasgebind en hul selfone, sowel as twee vuurwapens gevat en van die toneel gevlug.

Geen inhegtenisnemings het nog plaasgevind nie.

‘n Saak van huisroof is geregistreer en word deur die polisie ondersoek.

Enigiemand met inligting oor die insident word versoek op met Stop Misdaad by 08600 10111 in verbinding te kom.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.