Vyf passassiers op Titan-duikboot sterf

Deel hierdie storie / Share this story

OceanGate het pas bekendgemaak dat hy glo die vyf passassiers wat op die Titan-duikboot na die Titanic-wrak op pad was, is dood.

β€œOns glo nou dat ons ons uitvoerende hoof, Stockton Rush, Shahzada Dawood en sy seun Suleman Dawood, Hamish Harding en Paul-Henri Nargeolet, ongelukkig verloor het,” lui ‘n verklaring.

“Ons harte is met hierdie vyf siele en elke lid van hul families gedurende hierdie tragiese tyd.”

Die maatskappy het ook almal bedank wat deel was van die reddingspanne wat sedert Sondagoggend onverpoosd na die duikboot gesoek het.

Daar word gevra dat die oorledenes se families gerespekteer word.

Hamish Harding, 58, ‘n Britse avonturier wat voorheen in die ruimte was en op verskeie reise na die Suidpool was, die Britse sakeman Shahzada Dawood (48), ‘n lid van een van Pakistan se rykste gesinne en ‘n ondersteuner van twee liefdadigheidsorganisasies wat deur koning Charles gestig is, sy seun Suleman Dawood, ‘n 19-jarige student, Paul-Henry Nargeolet (77), ‘n voormalige Franse vlootduiker wat na bewering meer tyd by die Titanic-wrak deurgebring het as enige ander ontdekkingsreisiger en deel was van die eerste ekspedisie wat dit in 1987 besoek het, en Stockton Rush (61), die uitvoerende hoof van OceanGate, die firma wat die Titanic-reise op die verlore duikboot bedryf, was op die duikboot.