Vrou se liggaam in veld gevind ná sy ontvoer is

Deel hierdie storie / Share this story

Bongiwe Skosana (28) se lewelose liggaam is op 21 Junie 2023 in ‘n veld enkele meters van die R103, tussen Heidelberg en Vosloorus, gevind.

Bongiwe is op 17 Junie 2023 uit haar gesinshuis op Rensburg ontvoer nadat twee gewapende rowers die huis binnegegaan en geld geëis het. Die rowers is uiteindelik met gesteelde selfone weg en het Bongiwe saamgeneem. Sedert daardie dag het die polisie en familielede na haar gesoek, berig Women for Change.

Nadat Bongiwe se liggaam gevind is, het die polisie ander menslike oorskot wat nog in klere was, langs die R103 ontdek. Dit is onbekend of die oorskot aan ‘n man of ‘n vrou behoort het.

Niemand is nog in hegtenis geneem nie.