‘n Vrou word van strafbare manslag, dronkbestuur en crimen injuria aangekla nadat sy na bewering ‘n polisieoffisier se dogter se dood veroorsaak het.
Madelein Snyman (41) se hofdatum is uitgestel na 28 Julie wanneer sy weer in die Bloemfonteinse landdroshof moet verskyn na sy op borgtog van R 2 000 vrygelaat is.
Volgens kapt. Loraine Earle, polisiewoordvoerder, is Snyman na die dood van Rosemary Nyathelane (24) in hegtenis geneem.
Nyathelane was die dogter van Thabo Covane, ‘n Bloemfonteinse polisiewoordvoerder.
Covane het die voertuig ten tye van die ongeluk bestuuur.
Snyman het na bewering in die agterkant van hul voertuig vasgery.
Lees meer artikels op FiND iT hier.



