‘n Bloemfonteinse prokureur het agt jaar tronkstraf gekry nadat hy aan diefstal skuldig bevind is.
Ashlin Saunderson (31) is Woensdag gevonnis. Twee jaar van die vonnis is vir vyf jaar opgeskort.
Saunderson, ‘n voormalinge direkteur van een van die bekendste prokureursfirmas in die Vrystaat, is op 194 aanklagtes van diefstal en geldwassery skuldig bevind.
Tydens die hofverrigtinge het dit aan die lig gekom dat Hill McHardy & Herbst-prokureurs meer as R1 miljoen verloor het weens sy dobbelverslawing.
Hy het glo vanaf Augustus 2020 tot Februarie 2022 geld gesteel sodat hy aanlyn kon dobbel.
Saunderson het glo volgens streeklanddros, Monde Matshaya, in ‘n e-pos voorgestel dat hy R5 000 per maand sal terugbetaal, en die hele bedrag binne vyf jaar.
Sy was egter geskok omdat hy eers twee dae voor die hofverrigtinge ‘n poging aangewend het om die firma te kontak om ‘n reëling te maak om die geld terug te betaal.
Sy ma se pensioen sou ook moontlik gebruik word om sy skuld terug te betaal. Dis onduidelik hoeveel hy per maand gaan betaal omdat daar in die hof gesê is hy sal R8 000 betaal en toe weer R10 000.
Saunderson, wat oorspronklik van Kimberley is, se naam is ook intusssen van die rol geskraap.
Lees meer artikels op FiND iT hier.



