Voormalige veeartsenykliniek-werknemer van multi-miljoen rand diefstal beskuldig

Deel hierdie storie / Share this story

Lana Nell (45) ‘n voormalige werknemer van ‘n veeartsenykliniek in Humansdorp in die Oos-Kaap word daarvan beskuldig dat sy tussen Januarie 2018 en Februarie 2023 R3,5 miljoen gesteel het.

Kapt. Yolisa Mgolodela, woordvoerder vir die Valke, sê die beskuldigde is op 20 Junie 2023 deur Valke gebaseer in Gqeberha in hegtenis geneem vir beweringe van bedrog, alternatief diefstal.

Na bewering sou Nell, wie in die finansiële departement gewerk het, oor die genoemde tydperk die buitensporige bedrag kontant van haar werkgewer verduister. Diefstal is vermoed toe een van die verskaffers oor laat betaling kla.

Die saak is in Februarie 2023 vir ondersoek aan die Valke oorhandig.

Met kundige ondersoekvaardigheid is bevestig dat meer as R3,5 miljoen gedurende ‘n tydperk van vyf jaar na Nell se rekening oorgeplaas is.

Nell het reeds vir die eerste keer in die Humandsdorp-distrikshof verskyn. Die saak is na Maandag 26 Januarie uitgestel wanneer ‘n formele borgtogaansoek aangehoor sal word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.