Volwassenes kritiek en kinders lig beseer toe voertuig vragmotor tref

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Man en vrou, vermoedelik in hul twintigs, is laat Dinsdagaand op die R21 in die Olifantsfontein-area in Gauteng kritiek beseer toe die motorvoertuig waarin hulle gereis het die agterkant van ‘n vragmotor getref het.

Emer-G-Med se paramedici het hul na die toneel van die ernstige ongeluk gehaas.

Gevorderde lewensondersteuningsintervensie is gebruik om die volwassenes te stabiliseer voordat hul met meganiese kake uit die wrak gesny is.

Twee minderjariges, onderskeidelik agt en vier jaar oud wat in die agterkant van die voertuig was, het slegs geringe beserings opgedoen. Hulle is op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese behandeling na ‘n nabygeleë hospitaal geneem is.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.