Nog ‘n voertuig is vanoggend 21 Junie 2023 teen die omstrede Voëlklip, Heroldsbaai, naby George af.
Menige lewens het al by Voëlklip tot ‘n einde gekom.
Sers. Christopher Spies het die voorval aan FiND iT bevestig en sê George-polisie is omstreeks 11:00 na die voorval plaasgevind het, ontbied.
‘n Soektog wat verskeie nooddienste insluit is saamgestel en na die toneel.
Weersomstandihgede het die operasie vroeër bemoeilik.
“Ons polisieduikers is steeds op die toneel,” sê Spies.
Daar is tans nie meer besonderhede oor die voorval nie, maar die soek en reddingsoperasie duur onverpoosd voort.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



