Hulp word gevra om oorledene te identifiseer

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Andrew Tate formeel aangekla van verkragting, mensehandel

‘n Man tussen die ouderdom van 55 en 60-jaar oud se liggaam is Sondag 18 Junie 2023 omstreeks 10:00 naby die Strydomtonnel-waterval, ontdek.

Kol. Malesela Ledwaba sê die ligaam, wat reeds ontbind is, deur ‘n verbyganger ontdek en het die polisie verwittig.

Ten spyte van pogings om sy familie te probeer opspoor word geen vordering gemaak nie.

Hy word tussen die ouderdom van 55 en 60-jaar oud geskat, het tradisionele krale om sy hand en nek en het lang “dreadlocks”

Enigiemand wat die oorledene kan identifiseer word versoek om met die ondersoekbeampte, sers. Shayi Tumelo, by 072 617 9833 of 082 954 1798 te kontak.

Alternatiewelik kan die naaste polisiestasie, Stop Misdaad by 08600 10111 gekontak word, of van die MySAPS toepassing gebruik gemaak word.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.

Lees meer artikels op FiND iT hier.