Gr. R-leerling van George sterf

Deel hierdie storie / Share this story

‘n Graad R-leerling aan die Primêre Skool Parkdene in George is oor die naweek oorlede.

Die skool het die nuus van Luchiano Appollis se dood op sosiale media bekendgemaak.

“Luchiano was in Graad R in Juffrou Sylvie se klas,” skryf die skool. “Juffrou Sylvie en sy maatjies onthou hom as ‘n rustige kind, wat baie toegewyd was aan sy skoolwerk.”

“Luchiano se plekkie is nou leeg by ons skool en ook by die huis. Ons dra sy familie op in gebed, veral in hierdie tyd waar hulle moet afskeid neem van hulle kind. Mag ons Hemelse Vader u troos, soos net Hy kan.”