Geen borg vir voormalige Prasa-wag wat glo 36 vrouens verkrag het nie

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Prasa-sekuriteitswag staan tereg op 145 aanklagtes

‘n Voormalige Prasa-sekuriteitswag wat tereg staan op 145 aanklagtes is Maandag borgtog geweier in die Daveyton-landdroshof. Aanklaers het gesê hy is ‘n vlugrisiko en sal moontlik getuies probeer dreig.

Die wag het glo 36 vrouens, insluitend ‘n 14-jarige meisie, oor vyf jaar verkrag. Hy is aangekla van 44 verkragtings, 43 aanklagtes van ontvoering, 41 aanklagtes van ‘n vuurwapen rig op mense en 17 addisionele aanklagtes.

Die verdagte het glo slagoffers wat op pad was huis toe, op pad was werk toe of wat vir ‘n taxi gewag het gedreig met ‘n vuurwapen om in sy voertuig te klim en het met hulle na ‘n ander plek gery waar hy hulle na bewering verkrag het.

Die saak is tot 13 Julie uitgestel vir verdere ondersoek.

Bronne: IOL, Twitter, Be Loud, VN Explorer

Lees meer artikels op FiND iT hier.