Kyk: Vragmotor verloor beheer en ploeg in twee voertuie in – vermy area

Deel hierdie storie / Share this story

Vier persone is beseer nadat ‘n vragmotor op die M7 in die rigting van die Bluff by die N2-interseksie in Edwin Swales-rylaan in KwaZulu-Natal beheer verloor, in twee motorvoertuie ingeploeg en omgeslaan het.

ALS Paramedics het hulle na die toneel gehaas.

Die vragmotor, wat teen ‘n wal op is, het sy vrag in die proses verloor.

Verskeie ambulanse is na die toneel.

Vier persone is vir matige tot ernstige beserings deur gevorderde lewensondersteunende paramedici op die toneel behandel voordat hulle vir verdere mediese hulp na hospitale vervoer is.

SAPD was op toneel.

Die verkeer is hewig ontwrig en motoriste word gemaan om liefs die area te vermy.

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.