Karlien se sosialemediablaaie steeds gedeaktiveer na herrie oor Hougaard

Deel hierdie storie / Share this story

Karlien van Jaarsveld se Facebook- en Instagram-blaaie is steeds nog nie aktief nie nadat sy dit vroeër gedeaktiveer het.

Die sangeres het Saterdag op sosiale media haar “stilte’” verdedig en gesê sy was onbewus daarvan dat Derick Hougaard in die hospitaal is.

Van Jaarsveld en Hougaard was voorheen getroud en het tweeling-seuns saam.

FiND iT verneem Van Jaarsveld het na die inskrywing op haar sosialemediablaaie negatiewe kommentaar gekry en dus eers haar Facebook en Instagram tydelik gedeaktiveer.

Die nuus het Vrydag op sosiale media gebreek dat Hougaard om sy lewe veg in ‘n hospitaal.

Hougaard het glo elf dae gelede gaan slaap en nie weer wakker geword nie.