Polisie versoek hulp om vermiste seun (18) te kry

Deel hierdie storie / Share this story

Lees ook: Vier kinders en volwassene sterf in brand

Die polisie op Nebo het gevra vir gemeenskapslede se hulp om ’n vermiste seun (18) te kry.

Leslie Magoge Leshalabe van Speelman Pholokwane Village is Dinsdag laas by sy huis gesien. Hy is glo verstandelik gestrem.

Hy het laas ’n gestreepte maroen T-hemp, grys broek en geen skoene nie, aangehad.

Enigiemand met inligting word gevra om AO Makola te skakel by 072 400 1250 of die polisiestasie by 08600 10111.

Bronne: SAPS

Lees ook: Vier kinders en volwassene sterf in brand