‘n Bejaarde man (67) van Phahameng-seksie van die Makwane-woonbuurt in Qwaqwa in die Vrystaat het na bewering ‘n man (34) van dieselfde buurt, wat glo met sy dogter in ‘n verhouding was, op 11 Junie 2023 omstreeks 21:00 vermoor.
AO Mmako Mophiring, polisiewoordvoerder, sê die bejaarde man is Vrydag 16 Junie deur Makwane-polisie in hegtenis geneem.
Na bewering het die oorledene op 11 Junie ‘n taverne verlaat en op soek na sy meisie na die huis gegaan. Sy was nie daar nie, maar hy is blykbaar deur die bejaarde gekonfronteer. Die bejaarde man het hom glo aangerand en geslaan totdat hy vir mediese behandeling na ‘n plaaslike hospitaal geneem is. Hy het aan sy beserings gesterf.
Die hospitaal het die polisie in kennis gestel en ‘n moordsaak is geopen. Voorlopige ondersoek het aangedui dat die verdagte die pa van die oorledene se meisie was.
Hy is in hegtenis geneem en sal volgens verwagting Maandag 19 Junie in die Makwane-landdroshof op ‘n aanklag van moord verskyn.
Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus. As jy Afrikaanse Nuus op die Moya App wil lees, volg die skakel.



